RADical Tuisblad / Home

Text Box:  
Die storie agter RADical
Dit het alles begin om ‘n braaivleisvuur. Drie dogtertjies, Rachel-Ane, Anine en Danielle speel heerlik op die gras. En so begin ons twee mammas gesels oor ons dogtertjies wat so vinnig grootword. Soos enige dogtertjie is hulle gek oor mooi klere, en soos enige mamma wil ons graag vir hulle mooi aantrek. Mooi, unieke klere soos die met die bekende “brand” name kos egter baie duur. En net daar en dan besluit ons om self vir ons dogtertjies sulke mooi klere te ontwerp.
En waarom dan nie sommer ‘n klerereeks begin wat ons na hulle vernoem nie? En so word RADical gebore. Die RAD in die naam RADical is die eerste letters van ons dogtertjies se name: Rachel-Ane, Anine en Danielle.
Net so opgewonde en trots soos wat ons op elke nuwe skepping is, net so glo ons dat julle ook opgewonde sal wees oor ons pragtige dogtertjie klere.
Waarom moet jy RADical koop?
Want: 	1) RADical is regtig pragtig en word van kwaliteit material gemaak.
	2) Dit is lekker-dra gemaklike klere geskik vir enige aktiwiteit
	3) 1% van RADical se wins word elke maand aan ‘n verdienstelike organisasie geskenk bv: Kankernavorsing, Weeshuise, DBV ens.
	4) En laaste, en dalk vir jou as mamma die belangrikste, om ‘n glimlag op jou engel se gesiggie te sien as sy ‘n RADical skepping aanhet.
Groete
Antoinette en Jeanli Smit

Kontak ons gerus / Contact us

Text Box: The story behind RADical
It all started around a braai. Three girls, Rachel-Ane, Anine and Danielle plays on the lawn. The two moms begin talking about the girls growing up so quick. Like any other girl, they love  wearing beautiful clothes, and like any mom we like to indulge them. But unique, pretty clothes like the brands we know are very expensive.  Right then and there we decide to make our own pretty clothes for them.
And why not start with a range of clothes named after the three girls? And so RADical is born. The RAD in the name RADical is the first letters of the girls’ names: Rachel-Ane, Anine and Danielle.
We are pretty excited about our clothes and hope you will be too.

E-mail address:

chris@advonix.com

 

Phone:

Antoinette: 083 681 7765

Jeanli: 082 326 1836

 

Address

Brackenfell, Cape Town

Kontak ons gerus / Contact us

Gemaklike speeldrag vir dogtertjies

Text Box: